Pieter Verster het studeer aan die Universiteit van die Vrystaat en die Universiteit van Pretoria, waar hy BA (cl UV), BA Honn Grieks (cl UP) BD (cl UP), MA Grieks (UV), MA Kreatiewe skryfwerk in Afrikaans (UV) DD (Sending- en Godsdienskunde UP) en DD (Dogmatiek en Etiek (UP) behaal het. Hy het ook 'n nagraadse diploma in Teologie (cl UP) behaal.
Boeke
Onze Rust deur Pieter Verster - R260
of koop by Naledi by https://naledi.co.za/product/onze-rust/
Twee verhale word parallel aangebied.
Die eerste is die verhaal van twee predikante met verskillende oortuigings, die een jonk, die ander op aftrede, wat verskillende omwentelings in die gemeente beleef. Die verskille bereik soms breekpunt. Met die verskuiwing van pres Steyn se standbeeld begin Herman, die ouer predikant, nadink oor Steyn se rol in die verlede en ervaar ook terugflitse na sy eie lewe asook die tyd op die Grens tydens sy weermagdae Herman word in sy huis aangeval en geskiet wanneer hy die noodknoppie druk.
Die tweede wat nou verweef is met die eerste, is die verhaal van President Steyn wat in 1905 op die trein van Kaapstad terug na die Vrystaat reis terwyl Emily Hobhouse en Tibbie, sy vrou, hom vergesel. Hy worstel oor sy rol in die oorlog en met die vraag of hy reg gedoen het deur nie oor te gee nie.
Kerkskeuring en klagtes teen medegelowiges - Pieter Verster Maart 2025
BLOG
Kerkskeuring en klagtes teen medegelowiges
Ons leef in ongelooflik uitdagende tye. Oral is daar uiterste spanning. Skrikwekkende oorloë vind steeds plaas: Israel en Gasa, Rusland en Oekraïne, Sudan, Kongo en Mosambiek. Polities heers oneindige onsekerheid in Suid-Afrika en die hele wêreld. Gedurende hierdie tye vind kerkafskeiding plaas. Die Namibiese sinode tree uit die sinodale verband met Algemene Sinode in Suid-Afrika. Waar ons eerder na eenheid moet streef, vind die opheffing van ’n eenheidsverband plaas. Die NG Kerk het nog net eenkeer weggestap en dit was in die Reformasie. Nou stap die Namibiese sinode weg. Dit is uiters hartseer gebeure, daaroor moet ons huil. Droefheid moet ons oorval. Nooit het dit gelei tot heil vir die kerk en samelewing nie. Vra maar Nederlanders oor hulle geskiedenis. Kuyper kon nie met al sy invloed sy kerk volgens sy oortuiging suiwer hou nie. Daar is tans verskeie vrysinnige leraars in sy oorspronklike kerk.
Waarom skeur mense:
Skrifbeskouing. Daar word beweer dat diegene van wie hulle hulle afskei nie meer die Skrif as Woord van God erken nie.
Kerkbeskouing. Hulle wil die kerk suiwer hou en van dwaling bevry.
Teologiese opleiding. Verskeie vrae word gevra oor die regsinnigheid van Teologiese opleiding.
Naasteliefde. Die definisie van naasteliefde verskil. Veral ten opsigte van die houding teenoor gay-mense (LGBT+) is daar groot verskille.
Politiese beskouing. Die heersende politiek beïnvoed ook die kerklike beskouing.
Wat moet ons doen?
Eenheid in Jesus moet met liefde gesoek word.
Ons moet ons eie sonde bely en besef ons is almal sondaars.
Ons moet besef ons kan nie die kerk “suiwer” hou nie, maar moet liewer in afhanklikheid na die wil van God soek.
Ons moet nie oordeel nie, maar besef ons is self feilbaar.
Ons moet besef dat ook die teologiese wetenskap ontwikkel sonder om die waarheid van die Belydenis prys te gee.
In liefde moet ons eerder saam na die waarheid soek.
Klagtes teen ’n medegelowige vra diepe nederigheid. Dit is van belang om sekere sake te beklemtoon
Jy moet uiters seker wees dat geloof in Jesus verwerp word.
Jy moet uiters seker wees dat jy hom of haar reg verstaan.
Jy moet eers alle ander weë volg.
Jy moet ook eers medegelowiges raadpleeg.
Dit moet die laaste uiterste weg wees.
Jy moet seker wees dat dit nie ’n eie vendetta is nie
Daar moet geen tyfel wees dat skeuring en klagtes eers kan volg na uiterste selfondersoek. Die liefde oordek alles. Natuurlik moet ons streef na ’n suiwer kerk, maar ons moet weet dit is nie ons wat dit bepaal nie. Gebroke voor die Here moet ons altyd na eenheid streef. Wanneer Jesus uitdruklik verwerp word, moet daar getuig word dat Hy die Here is, maar slegs wanneer Hy radikaal verwerp word. Tydens die Reformasie was ons siele op die spel. Daarom is afgeskei. Nooit mag dit om ander redes wees nie.
Volksblad Gebroke Okt 2024 - Pieter Verster 15 Oktober 2024
God sal almal weer heel maakOns is gebroke voor die Here. Ons het niks om op te roem nie, niks om oor hoogmoedig te wees nie en niks om ons oor te verhef nie.Oor Jesus self word na aanleiding van die profeet Jesaja geskryf in Matteus 12:18-21 “Hier is my Dienaar wat Ek aangestel het, my Geliefde oor wie Ek My verheug; Ek sal my Gees op Hom laat kom, en Hy sal die wil van God aan die nasies bekend maak. Hy sal nie twis nie en nie skreeu nie, en niemand sal sy stem op die strate hoor nie. ’n Riet wat geknak is, sal Hy nie afbreek nie en ’n lamppit wat rook, nie uitdoof nie; Hy sal die wil van God laat seëvier. En op Hom sal die nasies hulle hoop vestig.”Ons is voor Hom maar geknakte riete en rokende lamppitte.Waarop sal ons onsself roem as duisende in die Midde-Oosterse oorlog aan alle kante sterf? Wie kan roem as steedsoorlog woed in die Oekraïne? Soedan is ’n verskrikking. Van ons eie land wil mens nie eers praat nie. Die allervreeslikste berigte ontstel ons nie eens meer nie.Hoogmoed het geen plek nie, nie in die politiek, sosiale lewe, sport of kerk nie, daarom moet mens versigtig wees vir almal wat meen dat hulle alleen die waarheid in pag het. Nederigheid pas ons almal. Ons is waarlik gebroke voor God.In Spreuke 16:18-19 lees ons “Op hoogmoed volg ondergang, op selfverheffing volg die val. Liewer eenvoud saam met nederiges as om saam met hoogmoediges van roof te lewe.”Beteken dit dat mens geen standpunt mag inneem nie, nie sterk oor ’n saak mag voel nie en ook nie die Evangelie met krag mag verkondig nie? Nee. Ons moet egter altyd nederig en afhanklik van Jesus, die Here bly. Dit is baie duidelik wat oor Hom gesê word. Die Gees van die Here is op Hom en Hy sal die wil van God aan die nasies bekend maak. Ware profete sal Hom volg en dien. Hulle sal nederig boodskappe verkondig dat Hy die Here is. Hulle sal ernstig soek na sy wil.Nooit mag dit net oor onsself gaan nie. Die dissipels moes dit ook leer. Toe die vrou van Sebedeus vra dat haar seuns, Jakobus en Johannes, ereposisies mag inneem, antwoord Jesus dat dit nie daarom gaan wie regs en links van Hom in die heerlikheid sal sit nie maar wie saam met Hom ly en aan wie God dit toeken.Jesus verduidelik dit verder in Matteus 20:25“Jesus roep hulle toe nader en sê: ‘Julle weet dat dit by die nasies so is dat die regeerders oor hulle baasspeel, en dat die groot manne die mag oor hulle misbruik. Maar by julle moet dit nie so wees nie. Elkeen wat in julle kring groot wil word, moet julle dienaar wees; en elkeen wat onder julle die eerste wil wees, moet julle slaaf wees. So is dit ook met die Seun van die mens: Hy het nie gekom om gedien te word nie maar om te dien en sy lewe te gee as losprys vir baie mense.”In hierdie wêreld speel maghebbers so ’n groot rol en oefen hulle hulle mag so vernietigend uit dat daar groot lyding is. Ons het behoefte aan geknakte riete en rokende lamppitte wat deur Jesus herstel word en dan nederig hulle self verootmoedig en hul afhanklikheid voor Hom erken. Om te roem loop uit op ellende en magspel bring die einde. Hoop vind ons in die nederige Here self. Gebrokenheid is noodsaaklik vir alle mense want dit lei tot diensbaarheid en nuwe moontlikhede vir die toekoms, maar magswellus lei tot die dood vir wie hom of haar ook daaraan skuldig maak. Wie hom of haar egter verootmoedig, kyk op na bo.
Los Angeles en die toorn van God Jan 2025 - Pieter Verster
'Los Angeles en die toorn van God
Daar was ’n groot debat of die oorweldiggende en vernietigende vure in Los Angeles God se toorn oor die mense was. Daar word beweer dat by ’n byeenkoms spottend na God verwys is en die gevolg daarvan die straf oor die mense was.
Verskillende standpunte soos ander andere die volgende kom voor:
• God is afwesig of daar is geen God nie. Dit is dus nie God wat die brande veroorsaak het nie, óf God het Hom ontrek aan die werklikheid. Die standpunt van die Deïsme is dat God soos ’n horlosiemaker die werklikheid geskep het, maar dit toe aan sy lot oorgelaat het sonder om weer betrokke te wees. Die werklikheid bestaan dus tans sonder God. • God is net liefde. God sal nooit so iets doen nie.• Die mens bring dit oor hom/haarself.• Almal is sondig nie net die mense in Los Angeles nie, daarom is dit onregverdig om hulle te straf.• Christene het ook daar gely en hulle is dus ook getref.• Daar is talle teksgedeeltes wat dui op God se genade.
Daarteenoor stel ander die volgende standpunte naamlik: • God se oordeel is ’n werklikheid. Lees maar net die Ou Testamentiese Profetiese boeke.• Sodom en Gomorra is vanweë hulle sonde uitgewis.• Jesus self waarsku oor die oordeel van God
Dit is baie sinvol om Jesus se uitsprake oor die oordeel van God te lees in Lukas 14:4 en verder:1Juis in daardie tyd het mense vir Jesus kom vertel van die Galileërs vir wie Pilatus laat doodmaak het waar hulle besig was om hulle offerdiere te slag. 2Toe antwoord Jesus hulle: “Dink julle dat hierdie Galileërs groter sondaars was as al die ander Galileërs omdat dit met hulle gebeur het? 3Nee, sê Ek vir julle, maar as julle julle nie bekeer nie, sal julle net soos hulle ook almal omkom! 4Of daardie agtien wat dood is toe die toring van Siloam op hulle ineengestort het, dink julle dat hulle skuldiger was as al die ander inwoners van Jerusalem? 5Nee, sê Ek vir julle, maar as julle julle nie bekeer nie, sal julle net soos hulle ook almal omkom.”Rampe tref dus nie omdat sekere mense groter sondaars as ander is nie, maar dit is ’n dringende oproep tot bekering.Vir die ongelowige is die ramp dus ’n waarskuwing: “ Kom tot bekering. Moenie die Here bespot nie.” Hebreërs 10:31 stel dit duidelik: Dit is verskriklik om in die hande van die lewende God te val. God is liefde maar Hy is ook Heilig.
Vir die gelowige is rampe lyding saam met Christus aan die kruis. Daar vind die gelowige rus in sy of haar lyding.
Sentraal by rampe, lyding en ellende staan die liefde van God aan die kruis waar Jesus almal roep tot Hom en waar Hy sonde vergewe. Wie saam met Hom ly en sterf aan die kruis sal ook saam met Hom opstaan. Die vrede van God sal ons bewaar.
'n Christelike Gemeenskap? Nov 2024 - Pieter Verster 20 November 2024
’n Christelike gemeenskap?
Hoe moet ons onder die huidige omstandighede leef? Daar was die ideaal van ’n Christelike
gemeenskap: Christelike owerheid, universiteite, skole, ekonomie en ander sosiale
verhoudinge. Sake het drasties verander. Die owerheid wend geen poging aan om as ’n
Christelike owerheid bekend te staan nie, staatsuniversiteite lê enige verwysing daarna af.
Skole is onder groot druk om nie een godsdiens bo ander te verhef nie, alhoewel sommige
skole steeds onder moeilik omstandighede hulle roeping probeer uitleef. In die gemeenskap
word die Christelike Evangelie, selfs uit eie kring, al meer bevraagteken. Baie mense het ook
’n skuldgevoel oor die verlede waarin probeer is om ’n Christlike gemeensap daar te stel,
maar daar juis groot onreg voorgekom het. Die skokkende wyse waarop die Christelike
evangelie en die kerk in die onlange politiek misbruik is, laat mens sidder.
1 Timotues 2:1-4 stel dit duidelik hoe om onder ’n gemeenskap wat selfs vyanding kan wees
te leef: “Ek dring daarop aan dat daar in die eerste plek met smeking, voorbidding en
danksegging gebid moet word vir alle mense, vir dié wat regeer en vir almal wat gesag
uitoefen, sodat ons ’n rustige en stil lewe kan lei in volkome toewyding aan God en in alle
eerbaarheid. So is dit goed en aanneemlik vir God, ons Verlosser, wat wil hê dat alle mense
gered word en tot kennis van die waarheid kom.”
Toe Lesslie Newbigin vanuit die sendingveld in Indie terugkeer het na Brittanje, was hy
verbaas om waar te neem dat die Christelike gemeenskap in die Weste min van die evangelie
vertoon het, soveel anders as wat hy onder die Indiese Christene - wat soms onder uiters
moeilke omstandighede geleef het- beleef het.
Hoe lyk ons gemeeskap? Daar is ernstige probleme. ’n Terugkeer na ’n Christelike
gemeenskap, ten spyte van die 80% nominale Christene in ons land, lyk onhaalbaar. Dit lyk al
hoe meer dat soos die Christene in Indië geleef sal moet word.
Wat word in 1 Timoteus duidelik gestel?
Gebed is noodsaaklik. Daar moet smeking, voorbidding en danksegging vir alle mense
wees. Gebed moet ons lewe totaal beheers.Op ons knieë voor God moet ons priesters wees
wat intree vir ander. In volkome afhanklikheid van God moet ons in gebed bid om ’n rustige
lewe. Daarom moet juis vir regeerders gebid word. Ons moet bid dat God die verskrikkings
in ons land sal keer. God hoor gebed. Dit is ons hoop.
Maar ons moet ook bid dat ons in volkome toewyding aan God en in alle eerbaarheid rustig
kan lewe. Elkeen moet dus waar ons ons ook bevind, so leef dat ons Christus deur ons lewe
sal vertoon. Oral sal daar getuies van Jesus moet wees. Nederig en afhanlik van God wil ons
Jesus se liefde ook aan almal vertoon.
Ons streef dus nie na hoë dinge nie, maar voeg ons by die nederiges (Rom.12:16). Soos sout
moet Christene bederf in die gemeenskap keer en die gemeenskap vernuwe. Soos lig in ’n
donker kamer moet daar steeds lig in ’n donker wêreld skyn (Matt 5:13-14).
Herlewing in die Christelike gemeenskap is net moontlik as ons ons verootmoedig in gebed.
Gebed mag egter geen poging tot onbehoorlike goeie werke of dwang op God wees nie. Ons
moet juis bid vir ’n ongelooflike herlewing in ons land. Dit moet ’n diegaande omkeer na
God in Jesus Christus deur die Heilige Gees wees. Dit moenie ’n oppervlakkige emosionele
opwelling wees nie of ook ’n persoonlikheidskultus nie, maar die diepgaande erkenning van
God, sy Woord en wil. Boweal moet Christene die liefde van God in die kerk en gemeenskap
uitleef.
BLOG
Byeenkomste
Datum: 12 April 2025Tyd: 11:00vmPlek: De Bloem NG GemeenteAdress: Raymond Mahlaba Straat 83
Datum: 1 Junie 2025Tyd: 09:00vmPlek: De Bloem NG GemeenteAdress: Raymond Mahlaba Straat 83
Datum: 29 Mei 2025Tyd: 19:30nmPlek: Geloofsentrum Universitas
Getuigskrifde
Kontak vir Pieter Verster
Wil u moontilik met Pieter kontak maak? Stuur gerus 'n E-pos.
Bloemfontein
Maandae - Vrydae: 8VM - 5NM
+27 82 375 6793az.oc.bewm%4022pretsrev